


Die Vrouediens strewe daarna om alle aspekte van vrouebelange te bevorder. Dit sluit geestelike sowel as sosiale
behoeftes in. Die gemeente is in verskeie groepe verdeel vanaf Uvongo tot Port Edward. Gereelde funksies word
gehou om gemeenskap van gelowiges aan te moedig. Die Vrouediens ondersteun ook Mopaniehuis, ’n onderafdeling van Malvern-kinderhuis.
Voorsiter: Jenny Heaney (foto onder) - 0832650529
Ondervoorsitter: Maryna de Jager- 0825689386
VROUEDIENS OGGENDGROEP (Geen Uvongo/Margate/Ramsgate vrouediens groepe meer nie)
VROUEDIENS AANDGROEP:
Voorsitter: Jansie du Toit 039 312 0099 / 084 405 8833
VROUEDIENS PORT EDWARD:
Voorsitter: Susan de Klerk 082 877 9080
Pro Deo se Visie is..."Almal aktief vir Christus"
...en ons Missie..."Om almal te begelei om op elke lewensterrein aktief as dissipels van Christus te lewe"
Pro Deo, wat "vir Christus sonder vergoeding" beteken, is geloods as gevolg van 'n dringende behoefte in ons gemeenskap.
Die doel van Pro Deo is om bejaardes te help met tuisversorging, algemene versorging asook tuisverpleging.
Jaarliks word vrywilligers opgelei in depressie en stres hantering, evaluering, selfbeeld en motivering, hipertensie,
abetes, alkohol misbruik, kanker, Alzheimer se siekte, Parkinson se siekte, sielkundige probleme, eerstehulp,
selfverdediging, beroertes en so voorts deur plaaslike kundiges.
Pro Deo organiseer verskeie fondsinsamelings en is verder van donasies afhanklik.
Voorsitter: Eloise van Niekerk 082 822 6661
Alle lidmate word genooi om aktief by ons Bybelstudiegroepe in te skakel.
Skakel gerus die kerkkantoor om uit te vind waar u kan inskakel:
KANTOOR - (039) 312 2011 - ngmargate@mweb.co.za
Make a free website with Yola