
Die NG-gemeente Margate verwelkom u hartlik !
EREDIENSTYE
Sonsopkomsdiens Strand 06:15 +
Margate Sondag 09/4/2023 - 08:30
Leraar: Ds Lerisa Meyer
Teks: Johannes 20:1-18
Tema: Lewe in die oorwinning
Port Edward Sondag 09/4/2023 - 08:30
Leraar: Dr Mike Heaney
Teks: 2 Korintiërs 1
Tema: Die groot ja!
SKAKELPERSOON PORT EDWARD : DES SIMPSON. 073 638 9022.
ADRES: H/V PARKSTRAAT 19 & MILFORD AVENUE, SALMON BAY PORT EDWARD
Margate is n omgeegemeente wat "met alles vir Christus leef" langs die Suidkus van Kwa-Zulu Natal.
Gesinne wat die Here saam dien is vir ons belangrik. Die jeug en die bejaardes geniet ook hoë prioriteit
in die bediening.. Jesus se liefde dring ons tot wederliefde.
Die NG kerk Margate is geleë langs die laer Suidkus tussen die Izotsha-spruit by Oslo Beach en die Umtamvuma
rivier by Port Edward. Gedring deur die liefde van Christus saam met wie ons opgewek is
uit die dood, en wagtend op Sy terugkeer, streef ons daarna om met woord en daad vir Christus te leef.
Margate is n missionale gemeente. Daar word na die gemeenskap uitgereik deur te fokus op bejaardesorg,
stranddienste deur jeugspanne, sorg aan kankerpasiente en hospitaalbesoeke. Die Jeugbediening staan op
drie bene -- kategese, kinderkerk en kerkjeugaksies.
Die gemeente reik uit na die wêreld en is binnelands betrokke by Lusikisiki, Gamalake en die Malutis.
Buitelands reik die gemeente uit na Mosambiek, Nepal en Angola.
Die NG gemeente Margate nooi u hartlik uit om uself met u gawes tot beskikking van die Here te
stel, of sommer net te kom kuier. Alle besoekers en "swaeltjies" is baie welkom!
BANKBESONDERHEDE: NG Kerk Margate
Bank - Absa
Rekening no 32 90 144 212
Tipe rekening Tjekrekening
Takkode 528 628 of 632 005
Verwysing vir Dankoffers
Wyk Van en Voorletters
Verwysing vir Kollektes
Kollekte Van en Voorletters
NG GEMEENTE MARGATE BETALINGSMETODES
Die Kerkraad spreek sy opregte dank uit vir alle betalings wat ontvang word, ongeag die betalingsmetode.
- ELEKTRONIESE OORBETALINGS “EFT”
“EFT” betalings is die voorkeur betalingsmetode aangesien dit meer koste effektief is vir die Gemeente en die inbetaler kan volledige verwysings bv wyk, naam, kollekte, dankoffers ens verskaf.
Die SnapScan kode asook die proses om SnapScan op jou selfoon te aktiveer volg hieronder
Slegs beskikbaar tydens kantoorure (kantoor gesluit gedurende Covid-19 inperkings)
AKTIVERING VAN SNAPSCAN OP SELFOON
- Gaan na jou selfoon se Google Play Store
- Die verskillende banke het ‘n Masterpass toepassing bv “Masterpass from Absa”
- Volg die aanwysings – sekere persoonlike inligting sal gevra word bv naam van rekeninghouer, verjaarsdag, bankkaart besonderhede ens.
- Wanneer jy dan ‘n betaling wil maak gaan jy na die toepassing wat jy geaktiveer het.
- Jy gaan dan die opsie kry om ‘n NG Margate se SnapScan kode (QR kode) met jou foon in te lees en dan die bedrag wat jy wil oorplaas in te sleutel en die transaksie te voltooi.
